So baie melodieë
vul die gange van die lewe
ouditief ekspressief
dring selfs deur
in klankdigte tronke.
So baie ritmes, eksplosief
laat voete jeuk
en moeë denke dans.
Maar so ʼn geringe kans
dat die twee ontmoet en een word
dat een aanvul wat die ander kort
in ʼn bomenslike harmonie.
Nie almal is dit beskore nie
die drank van gode
onbeskonke dronk
simfonie
euforie!
© Torm 2011