FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    'n Hartelose Siembamba

    Carol Lourens
    Carol Lourens


    Location | Ligging : Vaaldriehoek
    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-24
    Age | Ouderdom : 66

    'n Hartelose Siembamba  Empty 'n Hartelose Siembamba

    Post by Carol Lourens Wed 25 Jan 2012, 2:49 am

    By volmaan in 'n sloot in Afrika
    waar wolwe ritteltities dans;
    smyt jy Mamma's weerloos kindjie
    teen 'n roubeklede donker uur
    as oorskiet aan jou Skepper


    Voel jy nie sy lyfie nog in rama teer
    bekkie gapend as hy smeek vir 'n kans
    Hy wou so graag die mooiste naampie dra

    Met jou moord'ry mislik' hart
    draai jy sy ou nekkie om
    doof jou Pepskoen- hakke
    'n laaste fontanel liggie uit
    ewenas die Jesus Kruis spykers

    Waar wildehonde om jou asblik gaarder
    in weersin-walg van "cheap" parfuum
    draai jy om; dan is hy dood

    Maar jyt nooit omgedraai
    toe duisend kinderlose arms
    jou kruis van hom wegvat;
    wiegend in ag-shamepies sus

    Jyt nooit weer opgekyk na bo
    toe hy sy kuiltjie-giggel-laggie oor die maan uitkraai

    ~Carol Peyper Lourens

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 6:24 pm