FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    grafskrif

    avatar
    Ellen Margaret Hancke


    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-21
    Age | Ouderdom : 70

    grafskrif  Empty grafskrif

    Post by Ellen Margaret Hancke Sun 29 Jan 2012, 12:14 am

    as ek vir jou n praalgraf kon bou
    sou daar in koperflets n harem name
    suilhoogte, hemelwaarts dwong
    en die taalfallus skaam hierby afsteek
    wyl beloftes baarloos oor die sarkofaag breek

    as ek vir jou n praalgraf sou bou
    sou vliesvlinders in bloedvlug-eskader
    oor jou grafskrif in roukleed kom gader
    sou elk steeds jou madame B wou wees
    en fladdervlerk veg oor jou gestorwe gees

    as ek vir jou n praalgraf mog bou
    sou ek met tonne grougraniet jou wil bekis
    uit vrees teen die wederkoms van jou Jesebel-lis
    sou ek op die keisteen-Damaskus, telkemale verstyf
    in angs dat jy weer met my sal wil kom lyf

    as ek vir jou n praalgraf gaan bou
    sou ek met Geen Toegang die dwaal-engele keer
    wat hier om jou doodsbeendere wil kom skaar
    en HereGod self laat sipier om hulle te bewaar
    sal RIP nooit in ewigheidsdag
    teen my kan staan as klag

    (EMH)~ CR

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 3:09 pm