FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Nimuwe

    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Nimuwe Empty Nimuwe

    Post by SWERWER Sun 29 Jan 2012, 10:06 pm

    Jou soen as offerhande
    drup nardus poele in die holtes van my gragte
    brand verukking in my voorwoord biografie
    wegraping tot blinde euforie

    Speelse hofmaking en verleiding
    jou vingerpunt ontwyking
    dryfsand van jou veslawing
    belofte van passie en bevryding

    Begeerte karwats my lyf
    onredelik en onnadenkend styf
    my offer altaar loop oor
    bestaan as brandoffer verloor

    Weerlig slaan, my hart verlig
    ‘n koue oomblik van insig
    ‘n hartelose incubus is jy
    wat inpalm en bederf laat gedy

    hierdie keer sien ek jou strik
    met my eie krag en wysheid bemag
    oor eeue heen deur jou uit my siel gekalwe
    vir eie gewin se onthawe

    Nou sal jy die duisternis smaak
    feesmaal deur jou vir my gemaak
    jou koue hart en siel
    vir ewig gefikseer in vergeet se wiel

    Vêr weg van die voordurende mis
    waar bose en berekende plan vergewis
    waar jy so gerieflik altyd gaan skuil
    die vrug van jou eie wip se lis

    Blou lug en natuur
    fluit en die lier
    my geselskap nou
    op soek na die waarheid en die graal.

    © 2011 Johan Schoeman
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Nimuwe Empty Re: Nimuwe

    Post by Claira Summers Fri 03 Feb 2012, 8:51 pm

    Gehoop ek sien jou ook hier jong. Jy het my vote hier ook hoor.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Nimuwe Empty Re: Nimuwe

    Post by Torm Sun 05 Feb 2012, 5:29 pm

    Goeie werk, het gestem.

    Sponsored content


    Nimuwe Empty Re: Nimuwe

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -
      » Nimuwe

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 7:11 pm