FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Op 'n musikale ekskursie.

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Op 'n musikale ekskursie. Empty Op 'n musikale ekskursie.

    Post by Joan Lotz Fri 03 Feb 2012, 9:20 pm

    Gedagtes speel, warrel oral heen
    waar ek huiwer in wind en reën
    klanke kom saggies aangesweef
    herinnering laat dit weer herleef
    in lank gelede se uitvoering begeef

    klassieke harmoniërende musiek
    klavier solos, strykorkeste so uniek
    styg sonories op eteriese klankspoor
    val welluidend op verlange se oor
    waar het ek dit voorheen gehoor

    In die ruim ouditoriumsaal, volgepak
    kristal kandelare, teaterlosies se gemak
    wag ons, angstig, in ’n ruimte vir twee
    op ’n welbekende simfoniese entree
    musikale betowering uit vanmeleë

    note word kunstig, lofbetuigend ingelei
    musikale ekshibisie perfek toegewy
    serenade van kunstenaars voorgedra
    bekende stukke uit Verdi se La Traviata
    verruklike Troumars en ander uit Aida

    meegevoer in dié instrumentale swier
    verwerkings van Prokofiev op klavier
    Beethoven se simfonie nommer ses
    klawerspel en uitvoerings allerbes
    getrakteer op suiwerste musiek les

    spel en klanke verdof, sterf stadig weg
    terug na die hede, ruk ek my weer reg
    trane verdof mooiste beelde voor my
    probeer teen hartseer verlange stry
    fenomenale ekskursie vir jou en my!

    ©08/11/2010 Joan Lotz

      Similar topics

      -

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 5:54 pm