FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    My rare droom

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    My rare droom Empty My rare droom

    Post by Joan Lotz Fri 03 Feb 2012, 9:21 pm

    Ek staan in hierdie onbeskryflike groot leë saal
    sitplekke almal onbeset, stukkend, vuil en vaal
    op die verhoog, in een hoek, staan ’n ou vleuelklavier
    só beskadig, verrinneweer, deur onverskilligheid ontsier

    toe stap hierdie Man in – so deftig geklee
    statig, elegant na die groot klavier toe getree
    die stoeltjie afgestof, ’n slag direk na my gekyk
    sy vingers saggies, strelend oor die klawers begin stryk

    die mooiste klanke het voortgevloei, lieflik...melodieus
    elke noot perfek gespeel, meesterlik...majestueus
    ek vra toe: "Maestro, mag ek asseblief ook probeer?"
    ek wou so graag dit doen soos dié waardige Heer

    toe ek plaasneem was ek so verwonderd... verstom
    dat sulke hemelse tone uit dié stukkende klawers kom
    ek beweeg my vingers dwingend oor die ongelyke note
    die aakligste geluide kom deur met ontstemmende stote

    in my onvermoë om te speel, is ek bitter teleurgestel
    ’n onverklaarbaarheid....my lewe is hier op die spel
    eindelik ontwaak ek van hierdie droom so raar
    amper ’n nagmerrie... tog so helder en klaar

    wonder oor dié onthou...in my geheue so vars
    soos ’n werklikheid, asof dit net gisternag was
    naderhand sien ek duideliker en ek verstaan
    in meer helderheid besef ek waaroor dit gaan

    hierdie meesterlike Pianis– Sy gesig was net ’n waas
    was God, kon Hom nie eien deur my wanklankige geraas
    my lewe, soos dié klavier, onooglik vermink deur sonde
    is vol letsels, buite en binne, vol sere, lelike wonde

    op my eie, alleen sal ek dit nooit kan vermag
    om ’n volmaakte melodie te speel sonder Sy krag
    ek het Hom nodig, elke oomblik, deurentyd
    Sy liefde is so groot...Sy genade so wyd

    ek hoor nog daardie klanke, só helder, só rein
    as ek by Hom bly, sal al my wanklanke verdwyn
    in Hom kan ek groei, vul Hy my gebrekkige gestalte
    om musiek te speel volgens Sy ewigheidsgehalte.

    © Joan Lotz 14/06/2010 (1985)

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 1:42 pm