FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Skoppensboer

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Skoppensboer Empty Skoppensboer

    Post by Torm Sun 05 Feb 2012, 5:42 pm


    Ek het probeer doen wat goed is
    (want dit was jou wens)
    maar laat in die nag, my Mama,
    sneuwel selfs die beste voornemens.

    Gril jy drie-uur in die oggend van iets wat loer
    is dit dalk maar net...Skoppensboer?

    Wie weet waar die lewe sal draai
    (ek lag vir die wat dink hul wis)
    of hoe dit more gaan proe, Papa,
    onsekerheid is al wat seker is.

    Ryk en diep soos selfs koffie-moer
    maar ook bietjie lekker bitter
    is dit dalk Skoppensboer?

    Konings kantel en jokers ‘wild’ ontroer
    maar wie laaste lag...is Skoppensboer.

    © Torm 2012

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 3:34 pm