FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    My "million dollar" shot

    avatar
    etienne63


    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-07
    Age | Ouderdom : 39

    My "million dollar" shot  Empty My "million dollar" shot

    Post by etienne63 Thu 09 Feb 2012, 12:10 pm

    ..Doodste stilte,hierie is daai million doller shot..die shot van ale shots..dis so 25 meter van die gat af..ek kan dit maak..eks di "big easy" die next white tiger woods..(Kom ons gan so twee ure trug..ek was nooit in my lewe so verveeld nie ek moes iets kry om te doen..ek flip so deri kanale..supersport 3 ..dis die pga tour ..tiger woods sy laaste shot op die laaste gat hy is een hou agter ernie els ..as hy die hou maak wen hy die toer met so paar miljoen skille ..hy mik...hy moer..dis kinda ver..di bal slaan die green en hy rol.. Hys in.. The crowd goes wild en tiger wen.. So word die saadjie geplant..ek gan vandag golf speel hie in my ouma se erf ..kyk my ouma is die vriendlikste tanni ini wereld ..mar as dit by ha wortel en blomkool tuinkie kom is sy soos n wyfie leeu wat n welpie beskerm.. Mar wies bang??my ouma moet net onthou eks die een met die golfstok ini hand ..eks garage toe ..ek gan my gholstokke soek.eks da in ek goi goed links en regs val hier en daar oor goed ..da doer in die hoek val da so bright spotlight opi golfsak.."Engele sing in die agtergrond"..ek kry dai smile op my smoel..dis di tipe smile wat 6 jarige laaitie kry as hy kersdag waker word en hy sien n fiets onder die boom..yessssss ek het dit.. Ek hali stokke een vir een uit ..ek vat so an my 9 yster en bekyk hom.. Next moment sit da so harige bobbejaan spinnekop op die kop.. My bloed stol en ek raak yskoud(ek dink hyt vir my oof geknip).. Da kom n bja fyn eeeeeeeeep uit.. dai eep wat n meisie maak as sy die jonas brothers opi tv sien..ek gil ..die spinnelop spring op my skouer en dan op my kop.. Ek spoeg n koppie vloekwoorde en spring daar rond al gillend arms swaaiend ini lug ..ek gryp en gooi di ding teni kas vas .. Cheetah reflekse ..ek gryp my putter en doen n happy gilmore doublestep.. Ek slaan.. "Splat"... Dis soos n puise wat bars en di spatsels skiet teen my wang vas ..jig..rooi en geel en groen stuff met n poot ..ek gril so biki en vee die kak af ..eks rocky pappa ..my ma het nie bang kinders groot gemaak nie ..in die uitgan proses gewaar ek my ou krieket bal bakkie..ek dink dis veiliger ..want as dit nie vi bad luck was nie het ek geen luck gehad nie .. Ek sit hom in net vir incase..soos gewoonlik speel my theme music toe ek da uitstap.. Eye of the tiger baby..eks leke opgeharge..ek rek en strek en draai ini rondte vi biki opwarming ..ek vat my drywer vir n oefen swaai.. Ek misjudge als en slaan ini grond vas.. Die skok wat daardeer trek is moerse sterk en my arms en kop begin somme bewe asof ek die ergste parkinsons ooit het..ek besef eintlik dat ek net mooi niks van golf weti????mar nevermind dit eks op I mission vir dai million doller shot ..ek begin in die agterplaas rond chip ..links regs vorentoe en agtertoe ..met elke hou sien jy net graspolle trek..dan daardie een spesifieke shot..gan land mooi ini middel van n koolkop(my ouma se skou wenner koolkoppe)..play it as it lands ..hai jinne .. Dis n tough ene die .. Ek loer rond ..soek my ouma ..ek kyk stoep toe ..daar opi tafel staan haar pappagai ook ini hok..n leke windgat voel dai..die ding giggel ook nog vir my...ek en dai pappagai het so biki history..hy lok my uit ..koggel my..hy bly se eks n hoener.."Eti is n hoener" ..ek en die voel is op n staredown vir n paar sekondes ..hou jou bek pappagai..nie jy of hierie koolkop gan my million doller shot opneek nie ..dis my tyd om nou te "shine"...ek mik die pappagai so biki en hy mik my trug met n "fok jou en wil jy iets maak" stemmetjie.. (Ek moet se dis nogal intimiderend as so groot voel jou try bang praat)...))))))) We'll hie is ek nou.. Ek sit n practise balletjie neer en weet dat ek nie my krag te onerskat nie ..ek swing en die pappagai skree weer hoener ..ek misjudge weer en bliksem die bal..hy skiet teen die muur en kom trug ek wil trug kyk en bal slat my ini senter mister venter ..op my bakkie.. Ek sak op my knee ... Die papagi lag my wragtig uit .. Ek fokus weer vinnig .ek reken ek sal nog so 7kiddies kan maak. Dis my shot die ek moet dit regkry..ma eks ook nou redelik gatvol vi die papagai se kak houding ..eventualy klim die papagai uit sy hok uit en gan sit bo op...ek dink myself ..die voel geniet die show nou lyk dit ..met my einstein brein dink ek vinnig an n paar sommetjies en angles ..ek kyk weer vir die voel..ek grin.. Hy skiet my weer met die hoener line .."Ag fokkof hitler" (die pappagai se naam) en ek goi hom met my ball boks ..hy duck en koggel my weer..ek raak so bloedrooi in my gesig ..my bloed kook..dit voel of ek n aar in my kop kan bars ..fokus eti.. Ek maak reg ..ek trek trug en ek swaai..die perfekte swing...my golfstok trim net die koolkop liggies die bal tref die muur en skiet trug weereens ..in n split sekond duik ek links..als gebeur so in slowmotion..n jonty dive...ek hoor indi abtergrond hoeeeeneeeeeee...o fok...."Doef"....ek kyk op .. Dis net rooi en grys vere wa jy kyk..ek sien vi hitler rondhop en vloek..al sy vere is uit ..wies die hoender nou...hy lyk soos dai kfc hoeners sonder die vere net voor die slagting..wat stink so...ek kyk oner my..dis hondekak..ekt binne in n groot bol vars hondekak geduik..ek le weer plat en haal my camel nippie uit ..trek diep in..ek dink my myself.. Ekt nou we'll Nie my million doller shot gemaak kie mar atleast het ek n birdie geslaan..............

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 1:22 pm