FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Kallie Kakhuis : Madness takes it’s toll *

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Kallie Kakhuis : Madness takes it’s toll * Empty Kallie Kakhuis : Madness takes it’s toll *

    Post by Rudi Coetzer Fri 17 Feb 2012, 1:16 pm

    “ Dude ! Dude ! Is jy nog wakker ? ” skreeu Piet Piskrip .
    Willem Wasbak sluk amper sy prop in van skrik .
    Hy sê amper fok !.... ( dit sou ñ eerste wees … )
    Kallie maak een oog met moeite oop , gee so ñ lang groot gaap dat mens glad sy
    bruin kleintongetjie kan sien .
    Hy forseer sy ander oog oop en loer op sy horlosie .
    “ Ag nee Piet man ! Dis 23h15 op ñ Sondagaand ! Wat krap jou voor die tyd
    van die nag man ? ”
    Willem gee sy gebruiklike droë kuggie .
    Hy weet hier kom ñ ding .
    Piet bars uit van die lag .
    “ Whahahaha ! Daai dude van gister man . ”
    Kallie gaap weer . En gee ñ lekker strek wat gepaard gaan met ñ diep kreun van
    genoegdoening .
    “ Wat van watter Dude Piet ? Jy weet , gister was ñ besige dag . My bak het skaars
    kans gekry om vol te loop so baie voete was hier . ”
    Willem giggel so dat sy krane skoon oopgaan .
    Piet spoel driekeer en verstik amper toe Willem sê : “ Voete ? Hehehe ... Jy bedoel
    seker hol’le Kallie ? ”
    “ Willem , wat het oor jou lewe geloop ? Ek het nooit in my wildste drome gedink
    dat ek ooit sulke taal uit uit jou mond sal hoor nie . ”
    Willem bloos .
    “ As my ma my nou moes hoor , val sy van die muur ... ”
    “ Ag man Willem , jy weet wat ek bedoel ” onderbreek Kallie hom gemaak vererg .
    “ Man daai dude wat gister hier was met sy hele gesin vir lunch . ”
    Willem gee weer so droë kuggie .
    “ Piet , hier was gister ñ kakhuis vol dudes met hulle gesinne vir lunch . Excuse
    the pun Kallie . Giggel . ”
    “ Man , daai dude wat hier was vir sy birthday . ”
    “ Watter gesin bring iemand hiernatoe vir sy birthday ? Hulle kan sekerlik nie
    lief wees vir hom nie ” gooi Willem sy stuiwer in die armbeurs . “ Die plek is
    op sy beste maar ñ dump . ”
    “ Van dump gepraat Willem ... Ja Kallie man , daai dude met sy karatepakkie
    wat ñ dump in jou kom vang het . Onthou jy nie ? Hy was nog so haastig en het nog gesukkel om sy 4de Dan los te kry . Dit was net daai tyd wat Jimmy Jukebox daai
    liedjie gespeel het...ehm..wat was dit nou weer ? ... O ja ! Nou onthou ek . Die volk is in die kak , van TheBuckfeverUnderground . Giggel . Giggel . Giggel . Nou laat ek daaroor dink , dit was nou heel toevallig heel gepas , want Kallie , jy was letterlik in die
    kak ! ”
    Kallie vererg hom so effens .
    “ Piet , do you remember what happened the last time you took the piss out of
    me ? ” vra hy in sy beste Jurie Els stemmetjie .
    Piet sluk ñ borrel en verstik byna .
    “ Jammer Kallie . I got carried away . Soos ñ drol in die Vaalrivier verby Parys . ”
    “ Ja Piet , jy is nou sommer ñ drol in Kallie se drinkwater ” dra Willem sy deel by .
    Piet bars uit van die lag .
    “ Willem , wat gaan aan met jou , ish jhy geshuip ? ” vra Kallie , “ ek sweer
    daai laaste dronkie wat laaste in jou gepiepie het , het jou dronk gemaak . Ons sal daai mondjie van jou met seep moet uitspoel . ”
    “ Sies Kallie man ! Jig ! ” gril Willem , “ moet jy my nou daaraan herinner ! ? ” .
    Hy maak sy warmwaterkraan oop en probeer die onthou wegwas . ”
    Daar is vir ñ oomblik stilte .
    Die ou poskantoorhorlosie bokant die bar slaan 24h00 .
    ñ Rot skaats oor die kombuisvloer en kom in ñ rondomtalie-spin soos ñ wafferse jong Nancy Kerrigan tot stilstand .
    “ Ja , ek onthou daai dude met die karatepakkie ” verbreek Kallie die stilte , hyt so ruk gesit , die Rapport gelees , ñ paar groot harde poepe gelos , en iets gesit en skryf op ñ paar velle toiletpapier terwyl hy heeltyd gechuckle het . Funny dude daai gewees ! ”
    “ Iets op toiletpapier geskryf ? ” sê-vra Willem verbaas .
    “ Wat nogals ? ” vra Piet .
    “ Madness takes its Toll (Deel 10) ” antwoord Kallie .
    “ En toe Kallie ? ” vra Willem .
    “ Toe het hy dit mooi versigtig presies opgevou , en sy gat daarmee afgevee ” antwoord Kallie .


    ( * Len . Baie geluk met jou verjaarsdag .
    18/09/2011 13H10 )












      Current date/time is Thu 09 May 2024, 2:54 pm