FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Wanneer dan weer lag ?

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Wanneer dan weer lag ? Empty Wanneer dan weer lag ?

    Post by Claira Summers Wed 22 Feb 2012, 11:21 pm

    Die son is helder
    soos yswit staal
    deur my oe
    lyk dit flou en vaal
    die wolke is silwer slierte
    gespan oor die lug
    vir my is dit
    n weemoed se vrug
    die klanke van liedere
    so vrolike in sang
    laat my na
    n vreemde vrede verlang

    Die rose se geur
    so hemels soet
    dit ruik net na niks
    lyk vlamrooi soos bloed
    die lag van die kinders
    in die gras groen park
    klink leeg en verniel
    net soos my bloeiende hart

    As ek opkyk en bid
    vir n nuwe mooi dag
    is dit net versugting
    wat ek telkens verwag
    ek roep Sy naam
    met geen werklike verwagting
    ek skreeu my gemoed
    uit in oneindige afwagting

    roesrooi die blou lug
    en vaalgrys die gras
    wanneer gaan ek dan die mooi sien
    wanneer weer uitgelate lag ?
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Wanneer dan weer lag ? Empty Re: Wanneer dan weer lag ?

    Post by BennyB Thu 23 Feb 2012, 1:51 am

    Stunning, Awesome...I Like!!!
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Wanneer dan weer lag ? Empty Re: Wanneer dan weer lag ?

    Post by Claira Summers Thu 23 Feb 2012, 2:16 am

    Baie dankie Benny, waardeer jou lees en terugvoer.

    Sponsored content


    Wanneer dan weer lag ? Empty Re: Wanneer dan weer lag ?

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 10 May 2024, 5:39 am