FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Al dieper die donker

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Al dieper die donker Empty Al dieper die donker

    Post by Barend Fri 24 Feb 2012, 3:24 pm

    Al dieper die donker

    Ek ken die gevoel nie,
    ek weet nie waar heen.

    Biddend al vraend my skepper se seen,
    die diepe, diepe donker oorval my soos reen.
    O waar is my redding O waar gaan ek heen.

    Al dieper die donker hier in my gemoed,
    al sterker die drange wat binne my woed.

    Ek ken nie meer sonskyn,
    het vergeet van gelag, bid elke spaar oomblik,
    KRY MY DEUR DIE DAG.

    Vergryp my aan dwelms, verdrink my aan drank,
    vergete die lewe vergete die klank,
    Ek leun teen die muur ek val op my bank.

    Uit die diepste donker kom 'n silwer lig,
    'n arm gevolg deur 'n engel gesig.

    Die woorde raak helder, dit skemer deur my,
    VERTROU IN JOU SKEPPER HY SAL JOU BEVRY

    © Barend van Huysen

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 4:27 pm