FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Gebroke huis

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Gebroke huis Empty Gebroke huis

    Post by Barend Thu 08 Mar 2012, 5:48 pm

    Gebroke huis

    Soos 'n kaarthuis inmekaarstort
    wanneer die wind waai
    so val mense uitmekaar
    waneer jou huis verbrokkel

    die omstandighede is donker
    nie vir ander beskore
    jou swerersiel is altyd soekend en verlore
    gereeld kom jy terug na gister se voetspore

    die dinge van gister
    is wat die drome van more verkleur
    nare gebeurtenisse doen herlewing weer
    jou binnekamer waar veiligheid wag

    jou beskerming van dag tot dag
    gekraakte venstes verbrokkelde mure
    loop jy peinsend rond vir ure

    genesing van binne gevind
    versterking teen die erge wind
    verdikte mure maak sterker strukture
    jou liefde vir die lewe jou bind

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Gebroke huis AttachmentGebroke mure.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (15 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 6:26 pm