Gooi vir my ‘n vangnet oop
stukkies van my hart te vang
wil net keer dat dit verknoop
deeltjies gly af teen my wang
werp vir my ‘n reddingsboei
voor my wese totaal wegsink
ek daaraan na lewe kan roei
voor my drome als verdrink
lei my weg van die verdriet
wys my die vreugdespad
liefde dwaal in die verskiet
eens het ek dit ook gehad
dra my oor die duineboog
die sand uit my wese waai
tel my op na die hemelhoog
son weer oor my kan baai
sprei wyd jou veiligheidsnet
sou ek ‘n sprong wou waag
liefdeswurggreep effe knel
nie wese die harnas injaag.
2012/02/23 Joan
stukkies van my hart te vang
wil net keer dat dit verknoop
deeltjies gly af teen my wang
werp vir my ‘n reddingsboei
voor my wese totaal wegsink
ek daaraan na lewe kan roei
voor my drome als verdrink
lei my weg van die verdriet
wys my die vreugdespad
liefde dwaal in die verskiet
eens het ek dit ook gehad
dra my oor die duineboog
die sand uit my wese waai
tel my op na die hemelhoog
son weer oor my kan baai
sprei wyd jou veiligheidsnet
sou ek ‘n sprong wou waag
liefdeswurggreep effe knel
nie wese die harnas injaag.
2012/02/23 Joan