FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Asem knuskussingkuier.

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Asem knuskussingkuier. Empty Asem knuskussingkuier.

    Post by Joan Lotz Tue 13 Mar 2012, 12:39 am

    In nagtelikeure se donker
    deur drome versluier
    is ek net ‘n sagte asem
    knuskussing by jou kuier

    vertroetel in warmte
    wat om jou lyf speel
    met veertjiefyn kalmte
    jou lippe saggies streel

    waar jy diep in droomland
    flankeer, woel en dwaal
    in jou oor geheime fluister
    wiegend soos jy asemhaal

    dans ek stilletjies oor jou oë
    flikkerend in newel van slaap
    tydig, ruiterlik, goed oorwoë
    wakker, dromend aan jou vergaap

    jou gelaat, glimlaglyne, ooggeplooi
    onbewus ek is hier, by jou, so digby
    bewus van innigheid en siel so mooi
    kreunend, kruip nagbesoek verby

    nog een laaste pikkie op jou wang
    bewonderend oë weer oor jou vly
    droom vervullende nuwe lewensdrang
    in ontwakingsoomblik buitesig weggly.

    2012/03/12 Joan Lotz

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 1:32 pm