FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Drome

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Drome Empty Drome

    Post by Torm Tue 13 Mar 2012, 11:15 pm

    VIII
    my voetval eggo deur ‘n droomlandskap
    waar niks is wat dit werklik
    is nie
    ek stamp my toon teen ‘n klip
    maar dan is dit net my vooropgestelde idees oor rots
    tog onthou ek die duimdruk patrone in die bas
    van die heel laaste boom
    helaas, net ‘n droom

    IX
    in ‘n droom was daar ‘n man
    of minstens iets wat amper so lyk
    sy klere was glad gestryk
    maar sy kop was die van ‘n ram
    in die donkerte agter hom was daar iets soos bloed
    voor hom het vrouens gekniel in sy gloed
    en ek wou gil, ek wou skreeu “Kom weg!”
    maar die geruis was hard en my stem te sleg

    X
    noudat ek aanhoudend wakker word
    hoor ek elke klok lui
    dit beier om tyd aan te dui
    terwyl ek naarstiglik probeer
    om drome aan die mis van vergeet te ontgryp
    maar my vingers is al seer
    êrens was daar ‘n droom van wit
    wat diep in my donker geheue vassit
    daar waar ek die vergeet probeer keer
    tevergeefs

    XII
    drie, nee vier dinge is daar
    wat ek smeek om in my drome te vergeet:
    die nag toe ek gebore is
    die dag toe ek gesterf het
    die venyn van gesplete tong mense
    en ‘n haan wat drie maal kraai
    al sou ‘n AK deur my buurt maai
    sou daar nog kans wees om te versoen
    maar ek is bevrees
    ja, in my drome is ek baie bang
    vir iets wat erger as dit kan wees

    XIII
    soos ‘n rooi roos op die graf
    van ‘n vergete profeet
    so is dit om die waarheid te weet
    maar dit vir myself te hou
    terwyl die lewe voor my draf:
    ek struikel agterna en ek proe
    op my lippe haar sweet
    maar om dit af te lek is taboe

    XIV
    ek het gedroom
    die paaie is gemaak van diensbaarheid
    die poorte was van omgee
    elke man en vrou het met warm harte gelewe
    op ‘n fondasie van vergewensgesindheid
    onder die dak van mededeelsaamheid
    maar geen Patmos engel wou dit vir my wys nie
    nie eens ene
    nie

    © Torm 2012

    Geinspireer deur, maar NIE gebaseer op, Nobelpryswenner Transtromer se Trome.

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 3:49 pm