FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Laatnag stiltes. (vervolg op: As die maan in my kamer dans)

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Laatnag stiltes. (vervolg op: As die maan in my kamer dans) Empty Laatnag stiltes. (vervolg op: As die maan in my kamer dans)

    Post by BennyB Thu 15 Mar 2012, 7:23 pm

    seisoene draai in aande koeler as vroeër,
    ‘n sagte wind blaai na ‘n nuwe wit begin
    waar ek vanaand stil word
    by die waterwiel van tyd

    gordyn drapeer nou my beloftes
    terwyl lewe lyne skets in die glinster blink
    van my hart se paint-by-numbers-droom

    ek het kom dankie sê
    in die kalmte van jou bestaan,
    ek bring offers
    wat ek voor jou voete lê
    my hart, siel en gees
    saamgevat in 'n reënboog van woorde;

    my gedagtes dans nie meer doelloos
    en my woorde eggo geen hol klanke meer
    my hartklop, nie meer sonder pols,
    geen leë drome
    ek is anders

    sag omvou lewe in sier wit betekenis
    en word laatnag drome 'n realiteit
    as liefde spieëldans
    waar jy tiptoon
    op maat van my hart se simfonie

    vanaand is anders
    ek is kalm
    vol gemaak
    ek het lief

    my bed is nie meer leeg
    want jou kreukels vul nou my lakens
    en my nag.

    BennyB
    © 14/03/2012 Barend Booysen
    Vir Janet

    http://www.free-style-art.com/t355-as-die-maan-in-my-kamer-dans

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 8:29 pm