FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Huisie alleen

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Huisie alleen Empty Huisie alleen

    Post by Joan Lotz Fri 16 Mar 2012, 6:03 am

    Gedagtes gaan terug, eintlik hartseer
    jou binnekamers nooit liefde makeer
    staan bossies nou voordeur en ontsier
    hoeveel vrede en geluk hier geseëvier
    laat my na toeke se dae alweer verlang
    jou versiersels trots oor my hart kon hang

    kindergelag deur oop vensters opgeklink
    ons warm koffie op die stoep sit en drink
    kuier om kaggelvuurtjie tot na middernag
    son deur druiweprieël vir ons glinsterlag
    liefde was ons daaglikse seën en vennoot
    staan jy verwaarloos alleen en verstoot

    ek onthou die koolstoof se warmte saans
    vlamme onder kospotte tintellenddans
    staan koffieketel gereed, geur vul hele huis
    ons hartlik liefdesessens deel in die kombuis
    spensrakke staan vol perske-, tamatiekonfyt
    groentuinakkertjies, blommegeure se jolyt

    jou mure vertel verhale dat hier lewe was
    van geboortes en sterftes, soms ‘n kuiergas
    deur elke kamervenster die son kon inloer
    warmte versprei oor poleerde plankvloer
    portrette elke muur ter herinnering oordek
    nou onherbergsame, onooglike, eensame plek.

    2012/02/20 Joan Lotz
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Huisie alleen Empty Re: Huisie alleen

    Post by S.J. du Plessis Wed 21 Mar 2012, 4:46 am

    Pragtige warm heimwee herhinneringe...laat my aan my oumagrootjie se huis dink. Net 'n voorstel: ek sou die laaste reël net sê "nou onherbergsaam, onooglik, eensame plek" ter wille van ritme...al die e's op die einde dalk bietjie baie, maar dit is net my persoonlike opinie. Smile
    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Huisie alleen Empty Re: Huisie alleen

    Post by Joan Lotz Mon 26 Mar 2012, 4:50 pm

    Baie dankie, vier die meelewende kommentaar...ek sal in gedagte hou...stem saam oor die ekstra e's daar...waardeer!
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Huisie alleen Empty Re: Huisie alleen

    Post by S.J. du Plessis Sun 01 Apr 2012, 8:06 pm

    Plesier. Ek lief jou werk. xxx

    Sponsored content


    Huisie alleen Empty Re: Huisie alleen

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 2:48 pm