FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Joker

    Elmi
    Elmi


    Location | Ligging : Kaapstad
    Posts | Bydraes : 28
    Points | Punte : 70
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-07
    Age | Ouderdom : 55

    Joker Empty Joker

    Post by Elmi Thu 26 Apr 2012, 3:07 am


    Keer op keer het jy my behoefte aan die onvoorwaardelike liefde van 'n troeteldier ontken. My verduideliking dat dit my en die kinders se eensame alleenheid effens makliker sou maak, het jy afgelag met "gaan shops toe, daar is genoeg geld".

    Dit is okay, dit is regtig nou okay. Gisteraand kon ek en die kinders die wonderwerk aanskou van 'n Ma-hond wat geboorte skenk aan vyf volmaakte baba hondjies. Dieselfde hond wat nie verder as die voordeur van ons huis mag gekom het nie, dieselfde hond wat nie eens op die stoep mag gewees het wanneer jy braai nie.

    Die eerste enetjie is gebore by die voete van ons kinders, op die bed wat ons gedeel het voordat ek jou gevra het om te gaan waar jy gelukkiger sou wees.

    Ons kon ons rustig verwonder aan die enigma van nuwe lewe, en hoe die ma instinktief die geboorteplek skoon lek van alle geboortebloed en -vlek.

    Die vierde enetjie se naelstring moes ek self knip. Ek kon dit doen met die telefoniese hulp van 'n vriend, en sonder jou.

    En vanoggend kan ek skaamteloos snik oor die simboliek in gisteraand se geboorte.

    Die Joker kaart wat die middelpunt was van twaalf jaar se lewenslegkaart bou het gehelp om die vier punte en vier sye van die legkaart in plek te laat val. Die reëls het egter verander, en die legkaart maak nou logies sin.

    Elmi ©

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 12:23 pm