FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    DAAR IS NIEMAND TUIS NIE

    avatar
    Louise Venter


    Posts | Bydraes : 10
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2012-05-02
    Age | Ouderdom : 77

    DAAR IS NIEMAND TUIS NIE Empty DAAR IS NIEMAND TUIS NIE

    Post by Louise Venter Wed 02 May 2012, 6:11 pm

    DAAR IS NIEMAND TUIS NIE
    Oë wat staar, en geen emosie wys nie
    Soos die ligte wat brand, maar niemand is tuis nie
    Dit is die beeld wat ons daagliks begroet
    Wat ons nie wil aanvaar nie – maar sal tog maar moet ….

    Sy vrae dieselfde vrae oor en oor
    Soos woorde van ‘n refrein …. Oor en oor en oor
    “Is die deure gesluit” en “lê Cuddles op haar bed”
    Is omtrent al waarmee sy ‘n saak het

    Dan weer, woon ons wie weet waar
    Hoe, waar en wanneer kom ons eers daar
    Om te verduidelik sy is in die hospital
    Help niks, want sy bly verdwaal

    Die ligte brand, maar daar is niemand tuis
    Net Alzheimers en sy trawante in hul huis
    Waar hulle nesskop, vasskop in haar brein
    Maak seker sy verloor totaal die sein

    Dis moeilik Here om dit te ervaar
    Om die eens blink oë so te sien staar
    Sy vra, ons antwoord, maar niks maak sin
    Sodat al die vrae weer van vooraf begin

    Gee ons krag vir elke dag, dis al wat ons vra
    Vir U nabyheid, en U gena’
    Dis swaar om haar so willoos, broos en maer te sien
    Gee ons krag om na haar om te sien

    Wanneer sy so staar en sy sien niks raak
    Help ons asb. om dit vir haar makliker te maaak
    Gee vir ons die geduld en die insig om te weet
    Wat om te sê wanneer sy als so vergeet

    Laat ons asb. onthou om die ligte aangeskakel te hou
    Wanneer die verstand en die oë se ligte so verflou
    Geduld en empatie die waardevolste eienskap
    Om hierdie Alzheimers-gedrog mee vas te kap
    En wanneer die ligte brand, maar niemand is tuis nie
    Help ons om nie ons misnoë te wys nie
    Maak ons geduldig, gedienstig, gedweë
    Om maar net elke oomblik ons beste te gee

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 10:17 pm