FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    MY HART SE TUIN

    avatar
    Louise Venter


    Posts | Bydraes : 10
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2012-05-02
    Age | Ouderdom : 77

    MY HART SE TUIN Empty MY HART SE TUIN

    Post by Louise Venter Wed 02 May 2012, 6:22 pm

    MY HART SE TUIN

    Ek stap vandag deur my hart se tuin
    En wat sou ek daarin vind?
    Die “laggies” kol-op-kol het omgeval
    en die “ek-gee-om” is weggewaai deur die wind

    “Bekommernis” staan geil en vol in blom
    Die “glimlaggies” het skoon verdwyn
    Die “kommerplooie” staan welig teenmekaar
    Om te keer dat die son nie op die “lief-vir-jou” moet skyn

    My hart se tuin is erg verweer
    En sal dringend moet aandag kry
    Ek val op my knieë en smeek die Tuinier
    Om my tuin weer in orde te kry

    Lewende Water skenk Hy dan om dit nat te lei
    En Saad-van- Liefde om oral te plant
    Die glimlaggies en laggies kol-op-kol almal steek hul koppe uit
    Die kommerplooie het totaal verwelk
    En stiltetyd wat oral rank kom groet my met ‘n rankende hand

    Die beddings geloof, hoop, liefde, vrede en vreugde
    Staan nou geil hier in my hart se tuin
    Genade is die mees prominente een
    Wat Jesus se Lig permanent op my tuintjie laat skyn.

      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 4:44 pm