FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die delwer

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Die delwer Empty Die delwer

    Post by Torm Fri 04 May 2012, 10:07 pm


    Na jare van te veel son
    en veels te veel donker
    wys die prys wat hy betaal
    in kromheid en stadig opstaan.
    Vir swaarkry het hy begrip
    hierdie delwer
    en diep delf hy deur stof met staal
    vir daardie blinker klip
    tussen baie ander.

    Die harde werklikheid van klip
    en, van water, die sagte verweer
    wys in verkreukelde hande
    en vel soos gebreide bruin leer.
    Maar sy oë blink nog helder
    en hy kap en hy kap en hy sif steeds
    hierdie delwer
    vir daardie blinker iets
    tussen baie ander.

    © Torm 2012

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 8:17 pm