FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Geraamtes in jou kas

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Geraamtes in jou kas Empty Geraamtes in jou kas

    Post by Barend Fri 04 May 2012, 10:16 pm

    GERAAMTES IN JOU KAS

    Diepe donker verlede
    gekners van tande
    gekraak van bene
    herinnering in die hede

    wiel wat stadig draai
    hoeveel het jy verraai
    dalk is jy tevrede
    luister na hul smeekgebede

    vingerwys nooit van pas
    almal het geraamtes in hul kas
    dreunend gegrom van die verlede
    skaaf skuur bleek wit bene

    sou jy die kas toesluit
    laat nooit 'n piep daar uit
    die gedagtes sal vreet aan jou vrede
    nooit verlossing kry van verlede

    © Barend van Huysen

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 11:06 pm