FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Freezeframe ( 45 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Freezeframe ( 45 ) Empty Freezeframe ( 45 )

    Post by Rudi Coetzer Wed 23 May 2012, 4:10 pm

    Die swaeltjie-paar
    kom nes weer
    hierdie jaar
    op die sandsteen-plaashuis
    se voorstoep ,
    soos elke jaar stiptelik
    die afgelope vyf jaar .

    Somer is hier
    en vreugde bruis
    en borrel
    deur die boer
    se dankbare hart .

    Vroeg in die nuwe jaar
    broei die swaeltjie-paar
    soos elke jaar
    twee kleintjies uit .

    Die lewe is ñ lied .


    ( 17/01/2009 14h54 )

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 9:16 pm