FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    GEDAGTE AAN MY MOEDERTJIE

    avatar
    Louise Venter


    Posts | Bydraes : 10
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2012-05-02
    Age | Ouderdom : 77

    GEDAGTE AAN MY MOEDERTJIE Empty GEDAGTE AAN MY MOEDERTJIE

    Post by Louise Venter Wed 06 Jun 2012, 6:00 pm

    Moederliefde ……

    Ek trek die “onthou-flessie” uit my geheue-biblioteek en begin die Moeder-legkaart met deernis, liefde en trane aanmekaar sit. Eerste haal ek haar foto uit en plaas dit in die middel – ‘n sagmoedige glimlag – my liefdevolle Moeder. Dan haar hart van goud, vol deernis en empatie vir ander – dit maak die legkaart aansienlik voller. Haar teregwysings en lesse wat sy ons geleer het, haar liefde vir goeie en mooi musiek – die unieke algemene kennis-ervaring wat sy gehad en graag gedeel het – ‘n onvergeetlike ervaring. Daar is ook mildelik humorsin bygelas, en haar klokhelder lag. Dan pak ek ‘n botteltjie uit waarin al haar trane, die van hartseer en ook van blydskap, in weergee word. Sentimentele wrak – ek het dit ge-erf – dankie Moekie! Allermooiste gediggies, gedagtes neergeskryf wat ons nou eers na haar vertrek na haar Hemelse tuiste, aan deel kan hê – haar lewe vir ons oopvlek en so baie hoekoms en waaroms kan verstaan. Uit die onthou-flessie kom haar sorgsaamheid, al die gebede om ons lewensverloop aan Jesus toe te vertrou, hardwerkendheid, integriteit, die pragtige goedversorgde hande wat so fluks en pragtig kon brei - ALLES wat sy gedoen het, was met LIEFDE – sy het nooit vir ons van haar goed gegee nie, maar net van haarself!
    Die onthou-jy-flessie is vir nóú leeggemaak en die legkaart soos hieronder, voltooi – die bordjie bokant haar bed in die hospitaal - geraam met Jesus-liefde! En Veilig in ons harte bewaar en weer in die geheue-biblioteek gestoor om uit te haal wanneer ons so verlang – in ons harte – elke dag – MOEDERSDAG! – Dankie Here vir die voorreg van so ‘n wonderlike Moeder! Amen



    Attachments
    GEDAGTE AAN MY MOEDERTJIE AttachmentMoederliefde.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (39 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Thu 09 May 2024, 6:53 pm