FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Trane oor jou op Boemelaars baai

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Trane oor jou op Boemelaars baai Empty Trane oor jou op Boemelaars baai

    Post by Claira Summers Wed 24 Oct 2012, 9:38 pm

    Vandag het my hart in die see beland
    kort naby Boemelaars baai
    my trane blink sout poeletjies weer
    die stukkend val in die kaai
    waarom moes jy weg gaan, uit my lewe, my lief
    so wegwaai uit my arms en hart
    soms wonder ek as ek so alleen is
    waarom sleep die liefde, die smart

    Vertoiing le my liefde vir jou in die sand
    Tussen skulpe en klippies en wier
    ons lewens le rond op n verlate strand
    deur branders en storms verniel
    ek het jou, op n deining uit my blik verloor
    hoeveel seer moet ons nog verduur
    want die dolk van die skeiding het my siel deurboor
    daar waar honger hengelaars tuur

    Vandag wil ek jou styf teen my vashou
    en my seer met jou glimlag af vee
    vertroos wil ek wees met jou moedige blik
    en die stap van jou voet deur my vlees
    die seewater brand oor die hartseer en rou
    dis by jou wat ek ewig wil wees
    die gate waar jy was, is wawyd oop
    jy is my antwoord my ewige vrees

    Verskoei is ons drome en moedige stryd
    al wat ons het, die onthou
    goeie herinnerings en n liefde so mooi
    ons het ons self uit n leeftyd verbrou
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Trane oor jou op Boemelaars baai Empty Re: Trane oor jou op Boemelaars baai

    Post by Rudi Coetzer Thu 25 Oct 2012, 12:07 pm

    N paar hoogtepunte tussen al die emosies en regret..
    soos:
    Vertoiing le my liefde vir jou in die sand
    &
    ek het jou, op n deining uit my blik verloor
    &
    die gate waar jy was, is wawyd oop
    &
    ons het ons self uit n leeftyd verbrou

    * * *
    >kyk net:verskroei,in die laaste strofe.

    Ek hou ook van die vloei en ritme van die vers.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Trane oor jou op Boemelaars baai Empty Re: Trane oor jou op Boemelaars baai

    Post by BennyB Sun 25 Nov 2012, 8:10 pm

    Baie nice...stem Rudi.
    cheers

    Sponsored content


    Trane oor jou op Boemelaars baai Empty Re: Trane oor jou op Boemelaars baai

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 20 May 2024, 8:18 am