FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Jy, by die robot

    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Jy, by die robot Empty Jy, by die robot

    Post by Net ek... Sun 18 Nov 2012, 4:12 pm

    Die lig is rooi en dis waar ek stop.
    Oudergewoonte lig ek my kop
    en ek kyk nuuskierig om my rond
    na ander karre, advertensies, gemors op die grond.

    Dan vang jy my oog en my gedagtes begin loop.
    Die bord om jou nek met 'n ou tou vasgeknoop.
    Jou skoene is stukkend, jou klere gedaan.
    "Kan hy regtig nie werk kry?" hoor ek die gemaan.

    Maar vertel my, meneer, wat het regtig gebeur.
    Wat het gemaak dat jy vandag jou geluk hier probeer.
    Tussen karre en kyke, vernederd staan jy daar.
    Het jy dan reeds opgegee? Is jy nou klaar?

    Hoe was jou lewe voorheen? Onthou jy dit dalk nog?
    Iewers het jy geluk gehad...maar vol duwweltjies was jou tog.
    Dit het jou nou tot hier gebring. Dit het jou probeer breek.
    Vertel my, meneer by die robot, wat dit is wat jou kyk versteek?

    Ek wonder hoeveel geld jy vandag gekry het.
    Of jy dalk 'n brood kon koop.
    Of iemand dalk 'n kaartjie gegee het met sprake van nuwe hoop?
    Ek wonder of jou kinders ooit skoolgaan.
    Ek wonder of hul vanaand eet.
    En dan wonder ek onwillekeurig...vir wat ek jou gesig nie kan vergeet.

    Jy is nie soos die ander
    wie half-dronk nog daar staan.
    Jy is verlore en verlate,
    asof jy wag om te vergaan.

    Ek hoop dat jy iewers jou uitweg ook sal kry...
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Jy, by die robot Empty Re: Jy, by die robot

    Post by BennyB Sun 25 Nov 2012, 8:27 pm

    Hoop ons gaan nog baie van jou werk hier sien!


    Last edited by BennyB on Sun 25 Nov 2012, 8:33 pm; edited 1 time in total
    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Jy, by die robot Empty Re: Jy, by die robot

    Post by Net ek... Sun 25 Nov 2012, 8:32 pm

    Baie dankie Benny! Dis verseker die plan van aksie.

    Sponsored content


    Jy, by die robot Empty Re: Jy, by die robot

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 20 May 2024, 8:51 am