“You make your bed, you sleep on it.”
Met Vadersdag wat sondag kom, raak ek van vooraf opstandig. Daardie “PA” woord het vir my ‘n skelwoord geword. Emosies wat wil skree van frustrasie, daardie “wie gee om” of dit “windgat dag” is, want vir ‘n maand lank lees en gesels almal “Vadersdag” en vir my raak dit meer en meer belaglik.
Ek wil eintlik vir myself afvra: “Hoekom is moedersdag dan vir jou aanvaarbaar.” Dan tergelyke tyd vir myself antwoord: “Want ek het ‘n moeder wat omgee en luister en nie haar eie belange soek nie.”
“Gelukkige Vadersdag Pa en dankie vir alles wat Pa vir my beteken, soos om te vat wat jy wil he, die heeltyd. Jou eie belange soek en de hel met die res, want jy het niemand nodig nie. Nie eers jou eie kinders nie.”
Nou sal al die pappas my soos ape aankyk en dink. “Wat gaan met die vrou aan,is sy van lootjie getik, het sy haar varkies verloor?”
Nee, ek is net verskriklik kwaad, kwaad vir die verwaarlosing van my verstandelike welstand en ja nogal siek en sat vir die “ge-vadersdag” storie en oeh en aaaah van PA.
Hy het mooi gepreek wat hy nie gedoen het nie.
Hopelik lees ‘n pa die rubriek en besluit vandag om met sy kinders reg te maak. Al is dit dan al wat ek vandag bereik met die stuk, dan is dit reg so. Te veel Pa’s is onbetrokke by hulle kinders, of moet ek eerder uitspel, was onbetrokke en ongelukkig moet die mense, van vandag daaronder lei.
In die ou dae was dit mos die gesegde. “Kinders moet gesien word en nie gehoor word nie.”
Wat doen die Pa’s? Hulle moet gaan werk. In sommige gevalle het dit ongelukkig nie by werk gebly nie en was owerspel aan die orde van die dag. Funksies by die werk, natuurlik en Ma dink.
“Shame, my man werk so hard.”
Ek val nie meer vir daardie een nie en vir die tweede keer moet ek dit uit my sisteem kry. Hoe dan anders as jou Pa nie eers met jou praat nie, want hy is reg. Heeltemal reg, met alles.