FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    KONTRAS

    Liska Mariska Hulme
    Liska Mariska Hulme


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 19
    Points | Punte : 53
    Join date | Datum aangesluit : 2013-01-01
    Age | Ouderdom : 47

    KONTRAS Empty KONTRAS

    Post by Liska Mariska Hulme Thu 03 Jan 2013, 1:42 am

    KONTRAS

    Ruik die kers
    Sien die vlam
    Voel die pyn as warm was
    My lyf tartend brand
    Druppel vir druppel
    Merk jy my

    Nou moet ek kyk
    As jy met ys in jou mond
    Jou lippe my lyf laat wandel
    Van bo tot onder op strekkende vel
    Maak jy 'n paadjie so koud
    Op jou eie tyd

    My borste se puntjies
    Raak klipharde uitnodigings
    As die ys my brand
    En ek kreun
    Wat jou lok om my te tug
    Vol rondheid word snyhard koud gesuig

    Jy trek die kers weer nader
    Nou kry my borste volle straf
    Vlamwarm was
    Tydsaam druppend
    Op yskoue tepels
    Kontras pyn vir plesier

    Jy stuur nou sekuur
    Een vir een
    Die swaar druppels laer af
    Was vorm 'n stippel paadjie
    Met seer vir jou ge-eien
    My wese kaal vir jou

    Polsend laat jy my wag
    Dan jou genot
    As ek skree
    Van kerswas druppend
    Vol op my vrouwees
    Brandend jou tekens maak

    Nuwe ys op jou tong
    Word klam water gesmelt
    Koue druppels plof neer
    Gly lui bo-oor heuwels was
    As jy bietjies op 'n slag
    My koud op warm maak

    Jy wou my wys
    Wie is baas
    Ek was nie verbaas
    Maar die prys
    Verslawing aan jou
    Jy my swart en wit altyd

    L.M. HULME

    (28/12/2012)

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 9:15 am