FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    GEDEELDE EMOSIES

    Liska Mariska Hulme
    Liska Mariska Hulme


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 19
    Points | Punte : 53
    Join date | Datum aangesluit : 2013-01-01
    Age | Ouderdom : 47

    GEDEELDE EMOSIES Empty GEDEELDE EMOSIES

    Post by Liska Mariska Hulme Fri 04 Jan 2013, 1:21 am

    GEDEELDE EMOSIES

    Terwyl ons soen
    Met lywe styf gedruk
    Voel dit of ons pas
    Soos handpalms
    Wat gly in mekaar
    Daai tipe perfekte pas

    Tog die gevoel
    Onstuimige storms wat wag
    Met angs en vrees wat woed
    Diep hier binne my

    Uiterste seksuele ontwaking
    Sukkel soekend na woorde
    Emosies te kan beskryf

    Ons passievlam laat my skrik
    Maar tog binneste gloei
    Wil die aanraking hê
    Wat net jou naak liggaam my kan bied

    Ek sukkel om te cope
    Met jou siel binne my
    Jy my mees erotiese magic ooit

    Die scary ding is
    Ek kan nie wag nie
    Wil nie wag nie
    Ek is buite myself

    Nog nooit was ek so opgewerk
    Met niemand ooit so openlik
    Dis een moerse turnon
    Ek as vrou nie bang
    Om eerste move te maak
    Dis so extreme
    Speel met my gedagtes
    En ander dele van my lyf

    Selfs net jou naam te roep
    Maak daai iets in my los
    Iets wat ek nie geweet het bestaan
    Maar nou wil ek uitvind
    Meer en meer
    Wat dit is
    Wat my binneste begeer
    En ek weet
    Net jy sal dit kan doen
    Dis net jy

    Ek gaan jou vir myself neem
    En myself vir jou gee
    Soveel om te explore
    Sag en sensueel
    Hard and bondage

    Tog wetend
    Dis meer as net erotiese seks
    Fisiese gedagteband wat ons ontdek

    L.M. HULME

    (27/06/2012 -
    Aangepas: 17/12/2012)

    "Oorspronklike Titel Was:
    EMOSIES VAN MAN NA VROU (16+)"

      Similar topics

      -

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 8:38 am