FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Enki

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Enki Empty Enki

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:39 pm

    ek hoef slegs my hand uit te steek
    om jou weer deel te maak van my
    lig
    so lig
    die bladspieël van watervlak te raak
    jou neus se kromming onder nat rimpels
    te streel
    sag
    so sag

    ek hoef slegs 'n aks vorentoe te leun
    om jou klam prewels te lees,
    jou glimming bokant donker diepte
    tussen sterre konstellasies
    waar slegs ek weet hoe om jou na bo te lig
    lig
    so lig
    waar windstrome uit my mond
    jou sluk en gesel teen my verhemelte
    teen die waterbed van my tong
    sag
    so sag

    ek hoef net my vingers te doop in die blou poele
    van jou oë
    saad te sprinkel in jou iris bedding
    lig
    so lig
    om jou opskiet spruite te oes vir my nes
    onder oorhang rots van 'n prehistoriese berg
    sag
    so sag

    maar ek het beloof
    beloof ek sal my speen van jou
    my onderwaterman

    min wetend
    ek verdink elke nag in 'n droom.


    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 3:10 am