FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Iewers wag meer

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Iewers wag meer Empty Iewers wag meer

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:50 pm

    die sipres (in my ma se voortuin)
    se dun middelvinger raak vanaand rakelings
    aan flou sterflikheid in 'n oopgespreide trans,
    wys my dat afstand eintlik van geen belang is
    solank jy weet wat jy soek,
    weet wat vrygeestigheid
    se troetel- wegsteek naam is

    die kosmos lê vas gehekel
    aan transparante buitelyne,
    soos jy aan my geheg is
    vir ligjare nog vêr vooruit van hier

    die maan skug soos altyd in haar stomheid
    maar met braille geskrif geëts in haar plooie,
    oor sy weet ek weet
    daar is veel meer
    as wat die blote oog kan sien

    ek kniel soos altyd voor almag en die volheid van tyd
    en droom groot en wyd
    want iewers
    (versteek in die bodemlose ruim)
    staan afgestorwenes weer op uit die dood,
    begin verlamdes loop,
    word 'n verlore hart (soos myne)
    aan die ewige liefde verkoop.



    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 11:46 pm