Die wolke kom dreigend-donker
aangerol
agter die wind wat skielik
die lug verkoud
die honde het lankal reeds
die eerste donderslae gehoor-
kilometers ver ,
en klop benoud aan die
agterdeur ,
bang
hulle wil inkom .
Dan donder en blits dit
naby
en flits
die lig skerp
(ek knip my oë
en vertrek my gesig ,
eerbied is ñ nederige
menslike eienskap… ) :
God neem weer fotos’ vanaand
met sy powerful
eenmiljoen –kerskrag-sterk-flash
(of is dit nou weer
tienmiljoen sterk ? ) .
Die natuur is magtig .
Dan val die reën hard
en klink soos haelkorrels
teen die ruite
en op die dak
en jy is oorverdowend
beautiful in my arms :
sag
warm
vulnerable
en in die lig
van weerlig
wat surealisties flits
verdwaal ek in jou
deurdringende oë
en jou hoendervleis-kyk
en wanneer ek oor jou sak
naak en gewillig
en oorweldig
vat jy my hemel toe
my lief
( 08/12/2008 13h10 )
aangerol
agter die wind wat skielik
die lug verkoud
die honde het lankal reeds
die eerste donderslae gehoor-
kilometers ver ,
en klop benoud aan die
agterdeur ,
bang
hulle wil inkom .
Dan donder en blits dit
naby
en flits
die lig skerp
(ek knip my oë
en vertrek my gesig ,
eerbied is ñ nederige
menslike eienskap… ) :
God neem weer fotos’ vanaand
met sy powerful
eenmiljoen –kerskrag-sterk-flash
(of is dit nou weer
tienmiljoen sterk ? ) .
Die natuur is magtig .
Dan val die reën hard
en klink soos haelkorrels
teen die ruite
en op die dak
en jy is oorverdowend
beautiful in my arms :
sag
warm
vulnerable
en in die lig
van weerlig
wat surealisties flits
verdwaal ek in jou
deurdringende oë
en jou hoendervleis-kyk
en wanneer ek oor jou sak
naak en gewillig
en oorweldig
vat jy my hemel toe
my lief
( 08/12/2008 13h10 )