wit kan tog net wit wees, dan nie ?
en swart is nag met sy velerlei klede
die hart van kool wat allesverterend vuur
dit is die erts gelaag in my aweregse skryf,
die kleur van my pupille wanneer dit vergroot
binne jou
swart is my maankat wat snags saam met my
die voetpad aanvat na die skeepswrak
neffens my huis-
(wat dae en nagte knielend smeek
onder kreun van swartmosseltrosse)
swart is die houtskool wat jou eksentrieke
lyne ets teen myne, wat poeier en vaag
waar solidariteit ontbreek sodat my hart
nie agter joue uitsteek
hoekom is dit dan so moeilik vir jou
om seekatspoeg op sneeu te eien ?
© 2011 Almarie Truter