FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    het nou maar net gedink........................................2010-02-26

    avatar
    Guest
    Guest


    het nou maar net gedink........................................2010-02-26 Empty het nou maar net gedink........................................2010-02-26

    Post by Guest Sun 18 Sep 2011, 11:09 pm

    Vanoggend sit ek met my koppie koffie oppie stoep, dit word nog lig en die
    winter is al die lug, en soos dit maar gaan sit ek en dink, dink diep, dink
    ver, dink oor gister en more, en besef, die jaar, 'n paar maande van nou af
    is ek 45, verby die halfpad merk, wayyyyyyyy beyond, en ek dink n paar
    goed,

    en toe dink ek nou so, aangesien ek nou al oud genoeg is om so te mag dink
    en halsstarrig by my denk wyse te mag vassteek, dom astrant of de not , ek mag
    want ek is al iemand se ma, se ouma en se ex, so ek mag so dink.
    Ek loop liewer kaalvoet as met lelike skoene en voel niks oor wat ander
    daarvan dink.
    Ek koop goeie seep, tandepasta whiskey en vars kruie want ek hou daarvan,
    al kos dit wat.
    Ek bly liewer sonder vriende as om vriende te hê wat my te na kom,
    Ek antwoord net mails en sms’e as ek wil want tegnologie is in my lewe
    vir my gerief nie ander mense s’n nie.
    Ek gaan nie op boring dates nie, want ek hoef nie, ek hou van my eie
    geselskap.
    Ek gee nie liefde vir mense wat dit nie verdien nie, ek te oud om bang te
    wees ek gaan alleen dood
    Ek hou nie troeteldiere, lovers, of orgidee aan nie, nie lus vir hul geite
    Ek se vir my kids ‘ I told you so” sonder om skuldig te voel.
    Ek praat nie met telesales mense want hul mors my tyd
    Ek gaan nie na malls toe nie want dit raas
    ek sal heel moontlik nie wêreld honger, politieke oproer of n uitweg wat
    werk vir suiker miere ondek nie.
    Ek sal nooit weer goed lyk in n eenstuk bikini op die strand,
    Ek kan nie cleavage wys sonder n ordentlike bra
    Ek moet aanvaar sexy rugby spelers gaan vir my se “tannie” en dis okay
    Ek aanvaar die lewe gaan my curve-balls gooi en ek moet maar vang,
    En so dink ek toe nou terwyl ek my swart koffie drink, voete op die
    tuinstoel voor my, en ek besef,,,,,,,,,,,, en ek besluit,,,,,,,,,,,,,,,,,,,
    net vanmiddag gaan koop ek vir my n nuwe koffie perkoleer want kits
    koffie proe kak!

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 11:40 am