Vlamme flikker flou teen kreefnette
en 'n brander bruis rebels deur
kitaar akkoorde wat sterf in splinters
van gebreekte skulp.
'n Tafel kraak enkelvoudig
en ek skat die afstand tussen die maan
en hier as slegs 'n hanetree.
Vygies sukkel stuwend deur stormduin
en sproei en ek meet alweer jou voetval
teen die knusplek van die suiderkruis
en dele van my lyf wat ryloop weg van
hier.
Kom dagbreek, drup lig weer deur
heuning en bloekomblaar
maar vanaand gleuf ek in die sekel
wat oor my kuslyn hang.
© 2011 Almarie Truter