FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Groot meneer Na-na

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Groot meneer Na-na Empty Groot meneer Na-na

    Post by Enid Fri 23 Sep 2011, 4:59 pm

    Ek wil my hand in joune vleg
    saam met jou op die kitaar speel
    "lovesongs" met jou deel
    tot binne-in jou siel staar

    groot meneer na-na
    ek wil 'n Sally nougat met jou deel
    die stukkies vir jou gee

    groot meneer na-na
    kan ons in die parkie gaan speel
    jy my op die swaaie rond swaai?

    groot meneer na-na
    jy my 'n drukkie gee
    soos in die ou dae
    my herinner dat als reg sal wees?

    groot meneer na-na
    onthou jy nog ons "Smokey" songs
    hoe ons elke woord kon onthou?

    groot meneer na-na
    daardie groot pienk teddybeer
    het almal se harte gesteel

    groot meneer na-na
    vanaand is steeds lekker hier
    om al die herinneringe te deel

    groot meneer na-na
    kan ek vir jou se
    dat ek jou lief het?

    groot meneer na-na
    in jou arms
    aan die slaap raak?
    avatar
    Guest
    Guest


    Groot meneer Na-na Empty Re: Groot meneer Na-na

    Post by Guest Sun 25 Sep 2011, 5:44 pm

    wat n gelukkig groot meneer om so n mooi vrou so mooi te laat dig!!

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 12:24 pm