Is dit jy wat saam met die dag
die see ingeloop het tot by die nag
op wie ek verlangend wag
om miljoene sterre in die hemelruim
met jou blink oë aan te steek
die gitswart van die nag te breek
sodat ons nie sal verdwaal
is dit jy wat onder die nag se
swaar donker jas pante skuil
na wie my koue mis jou lyf roep
om weer vuur in die maan te maak
waar ons brandhoutjies van liefde
kan aansteek wat ons hitte sal
gee tot die son ons weer kom haal
is dit jy wat skitter sterresnoere ryg
die aandster in die donker vir my wys
saam met my tot by die melkweg swaai
in die skadu van die maan met my dans
en duskant orion vol van liefhê tiekie draai
tot die morester daar ver begin blink
die dag se geelblink ons nader wink
is dit jy wat hier eenkant woordeloos
in hierdie deurmekaar hart van my lê
my versugting en vurige verlange
die vraag "is dit jy" hoor sê
Is dit jy oor wie ek hierdie dinge droom
wat hier in die droom en liefhê wêreld
van my hart woon, is dit jy?
die see ingeloop het tot by die nag
op wie ek verlangend wag
om miljoene sterre in die hemelruim
met jou blink oë aan te steek
die gitswart van die nag te breek
sodat ons nie sal verdwaal
is dit jy wat onder die nag se
swaar donker jas pante skuil
na wie my koue mis jou lyf roep
om weer vuur in die maan te maak
waar ons brandhoutjies van liefde
kan aansteek wat ons hitte sal
gee tot die son ons weer kom haal
is dit jy wat skitter sterresnoere ryg
die aandster in die donker vir my wys
saam met my tot by die melkweg swaai
in die skadu van die maan met my dans
en duskant orion vol van liefhê tiekie draai
tot die morester daar ver begin blink
die dag se geelblink ons nader wink
is dit jy wat hier eenkant woordeloos
in hierdie deurmekaar hart van my lê
my versugting en vurige verlange
die vraag "is dit jy" hoor sê
Is dit jy oor wie ek hierdie dinge droom
wat hier in die droom en liefhê wêreld
van my hart woon, is dit jy?