Ligvoets dans jy
op my volmaan rond
oor kraters tot ver
verby orion tot
amper by die son
waar jy bloedrooi
liefdeskole brand
ek my in jou
holte warm maak
voor jy in as verdwyn
jy dwarrel deur
gedagtes maak
gate in my maan
hang droomvangers
en spieëls daarin op
vang gesigte
met blink oë en
halfmaan glimlagte op
weerkaatsend tot
in my eensaam hart.
As jy dans
op die maan
word alles blinkwit
versmelt in mekaar
kry ek myself
uitgeput by die
morester.
op my volmaan rond
oor kraters tot ver
verby orion tot
amper by die son
waar jy bloedrooi
liefdeskole brand
ek my in jou
holte warm maak
voor jy in as verdwyn
jy dwarrel deur
gedagtes maak
gate in my maan
hang droomvangers
en spieëls daarin op
vang gesigte
met blink oë en
halfmaan glimlagte op
weerkaatsend tot
in my eensaam hart.
As jy dans
op die maan
word alles blinkwit
versmelt in mekaar
kry ek myself
uitgeput by die
morester.