FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Net 'n stukkie

    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    Net 'n stukkie Empty Net 'n stukkie

    Post by hanlie Leach Sun 25 Sep 2011, 4:02 am

    'n stukkie dagbreek
    teen oosterkim
    starende rooi son
    wat uit goudpot blom

    'n stukkie Dahlia mooi
    karlientjieblom rooi
    strale teen hemelgewelf
    onsigbaar geverf

    'n stukkie jy
    in 'n hart gebly
    veilig toegemaak
    niks sal jou raak

    'n stukkie nag
    pikswart jas
    diamant knope blink
    wat jou nader wink

    'n stukkie grootoog maan
    in hemelse baan
    starende gesig
    helder wit lig

    'n stukkie van jou
    veilig in 'n hart gehou
    stukkies liefde weer gegee
    wie kan sê nee?

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 3:45 pm