Daar waar jou lieste
na binne val
jy so bekend plooi
en soms honger blom vir my
daar waar jy my laat mal
verdwaal tussen die deurmekaar
komberse en lakens van ons kooi
daar waar ek en jy
in oomblikke wat die heelal
maar kan vergaan soos lawa inmekaar
invloei en dis okay want ons vorm
nuwe kontinente en laat tyd stilstaan .
Daar waar ons liggame dein
en gloei , ons soos super nova’s
in mekaar se hemelruim ontplof
en skouspelagtig in ñ sterrereën
sintuiglik in die oomblik tussen ons
in mekaar se oë verskiet .
( 31/08/2011 03h02 )
na binne val
jy so bekend plooi
en soms honger blom vir my
daar waar jy my laat mal
verdwaal tussen die deurmekaar
komberse en lakens van ons kooi
daar waar ek en jy
in oomblikke wat die heelal
maar kan vergaan soos lawa inmekaar
invloei en dis okay want ons vorm
nuwe kontinente en laat tyd stilstaan .
Daar waar ons liggame dein
en gloei , ons soos super nova’s
in mekaar se hemelruim ontplof
en skouspelagtig in ñ sterrereën
sintuiglik in die oomblik tussen ons
in mekaar se oë verskiet .
( 31/08/2011 03h02 )