FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Dag Le Om

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    Die Dag Le Om Empty Die Dag Le Om

    Post by Claira Summers Mon 26 Sep 2011, 2:22 pm

    DIE DAG Lê OM

    Laat in die nag
    wanneer almal slaap,
    Lê ek en luister
    na die skertsende donker
    Na die stilte so hard
    en verdowend die nag
    Wanneer niks my kan pla nie,
    lê ek en wag
    Luister ek na die roep van die tyd in vlug
    Wanneer my alleenheid my styf omdruk
    Dis dan dat ek die benouing om sloop,
    die tikkende wyser
    van die klok duidelik hoor
    Slaap liewe aarde:
    die dag lê om
    Bedags se lawaai
    lê uiteindelik stom
    Die dinge wat ons mens maak
    versoen ons in hoop
    Met die dag op sy rug
    in donker gedoop
    Verswelg in ons late
    bedreig deur ons doen,
    stil pruik die more
    om met die son te versoen
    Bevrug is die toekoms
    ʼn saad wat moet groei
    Die geboorte van dag,
    kan gister verskroei
    die aarde ons moeder
    en die Skepper ons pa
    moet ons rus in die tyd,
    net genade Hom vra
    Slaap almal rustig
    my hartklop die troos,
    al die foute van gister
    lê vlak onverpoos
    Vernietig ʼn tydvak
    wat uitloop vandag
    Dit leer ons om te kyk
    na die more se prag
    Begenadig in die wete,
    jou bes was genoeg
    Wanneer gister en more
    met mekaar byvoeg.

    avatar
    Guest
    Guest


    Die Dag Le Om Empty Re: Die Dag Le Om

    Post by Guest Mon 26 Sep 2011, 2:35 pm

    geluksalig is die wat se dag so om le,... puik gedig
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    Die Dag Le Om Empty Re: Die Dag Le Om

    Post by Claira Summers Mon 26 Sep 2011, 2:37 pm

    Waardering, dankie vir jou reply - Ek voel baie tuis by julle, so asof ek na n lang reis weer tuis gekom het.
    avatar
    Guest
    Guest


    Die Dag Le Om Empty Re: Die Dag Le Om

    Post by Guest Mon 26 Sep 2011, 2:39 pm

    welkom in ons wereld,... jy is tuis,... enige wrywing laat weet maar net ek help waar ek kan

    Sponsored content


    Die Dag Le Om Empty Re: Die Dag Le Om

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 21 Sep 2024, 7:49 am