FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Digters van ons volksmond

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    Digters van ons volksmond Empty Digters van ons volksmond

    Post by Claira Summers Tue 27 Sep 2011, 3:04 am

    DIGTERS VAN ONS VOLKSMOND

    O diepe digters van ons volksmond: verhaal
    Waar rus julle elke woord?
    Wanneer hoor ons van ons liefdetaal
    Wanneer sluip die verse voort?
    Hoe kan ons die refrein versoen
    Wat kan ons op dig, en hoe kan ons doen?
    Elke een van die frases
    Elke woord uit gedig
    Waarheen reis jul in eensame vlug?
    Wag jul en soek en wonder nie meer
    oor stories en verse so lieflik en teer
    O stille digters van ons volksmond: verhaal
    Hoekom hoor ons dan niks
    Uit die pen van ons taal?
    Uit die laaste lied van julle Volkebond en plig
    Wat kan ons verwag, wat sal julle op dig?
    Waar is jy Antjie, en waar is Eugene
    Waar rus Totius se hartseer en swier?
    En Krige se verre blik
    Vêr van die hartstog, en trane verkwik
    Waar is ons digters, wie gaan ons leer?
    Oor die liefde en passie, onrus terreur?
    O liewe digters van ons land, volk en taal
    Los vir ons al jul woorde tot Hy ons kom haal
    Vertel nog in oorvloed
    Die stories van jul jeug
    Dan lees ons die gedigte en voel ons die vreug
    Van ons vadere die woorde wat vir ons kroos woorde bly
    En dan hoor ons die poësie
    Wat ons in digkuns weg lei

      Current date/time is Sat 21 Sep 2024, 7:51 am