SPROKIE VIR MY MEISIE
Kleine meisie van mamma,
met jou hartjie van goud
Vertel my wat jy sien
in jou drome se woud
Waar jy wegkruip in jou soektog,
vir die lewe se traan
Waar jou siel vol verlange
en jou hartseer gaan slaap
Vertel vir jou mamma,
jou sprokies verhaal
Waar jy heeltyd
in verbeelding kan rond dwaal
Van die son en die wolke
en die wonderlike tuin
Van jou siel diepe soeke
en jou hart se geheim
Fluister saggies jou storie
van prinsesse so mooi
Van prinse in kastele
of op perde van strooi
As ek kan sal ek saamgaan,
dan kom ons nooit terug
Dan ry ons vêr bo die wolke
op die aandwind se rug
Kleine meisie van mamma,
as ek net kan verstaan
Wat daar diep in jou denke
en jou wêreld aan gaan
Is daar net blomme,
en die son dra die lug
Het jy maatjies en geselskap,
of ʼn eensame vlug
As ek daar kom dan verdwaal ek,
en raak saam met jou weg
Op reis deur jou sprokie,
wat jou veilig verberg.
(Vir Elrize)
Kleine meisie van mamma,
met jou hartjie van goud
Vertel my wat jy sien
in jou drome se woud
Waar jy wegkruip in jou soektog,
vir die lewe se traan
Waar jou siel vol verlange
en jou hartseer gaan slaap
Vertel vir jou mamma,
jou sprokies verhaal
Waar jy heeltyd
in verbeelding kan rond dwaal
Van die son en die wolke
en die wonderlike tuin
Van jou siel diepe soeke
en jou hart se geheim
Fluister saggies jou storie
van prinsesse so mooi
Van prinse in kastele
of op perde van strooi
As ek kan sal ek saamgaan,
dan kom ons nooit terug
Dan ry ons vêr bo die wolke
op die aandwind se rug
Kleine meisie van mamma,
as ek net kan verstaan
Wat daar diep in jou denke
en jou wêreld aan gaan
Is daar net blomme,
en die son dra die lug
Het jy maatjies en geselskap,
of ʼn eensame vlug
As ek daar kom dan verdwaal ek,
en raak saam met jou weg
Op reis deur jou sprokie,
wat jou veilig verberg.
(Vir Elrize)