FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    In my seun is n man

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    In my seun is n man Empty In my seun is n man

    Post by Claira Summers Tue 27 Sep 2011, 3:09 am

    IN MY SEUN IS ‘N MAN


    As ek stip na jou kyk in die aand lig
    Wonder ek uit myself,
    wat skuil in jou blik?
    Want my oudste het verander in ʼn jonge man
    Wat die lewe ontmoet het,
    en hou daarvan
    Jy my tiener my bondel krag en moed
    Jy kan alles aanpak,
    sien in alles die soet
    Jy hou al van meisies, wat nou van my ?
    Kan nie ophou praat nie,
    het dit van jou ma gekry
    Want van maats en van kuier,
    kan ek jou niks vertel
    En jou grootword roep aanhoudend jou kleintyd vaarwel
    In my seuntjie, my baba
    in jou oë skuil ʼn man
    Kom sit hier by mamma,
    terwyl jy nog kan
    Hou vas aan jou ouers se duisend maal praat
    Kry vriende met karakter,
    wat jou nooit sal verlaat
    Onthou altyd dat ons Heer jou in liefde bevry
    As jy afdwaal en struikel,
    sal Hy optel en lei
    Probeer net jou beste in alles te gee
    En weet altyd ons is by jou,
    Ja in elke tree
    Al skuil daar in jou ʼn wonderlike man
    Sal jy vir ons klein bly, vir so lank as jy kan.

    (Vir FC)
    avatar
    Guest
    Guest


    In my seun is n man Empty Re: In my seun is n man

    Post by Guest Tue 27 Sep 2011, 1:00 pm

    pragtige gedig wat my besonder raak want vandag is my seun 21
    dankie vir die deel, seuns kom le anders in n ma se hart as dogters,
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    In my seun is n man Empty Re: In my seun is n man

    Post by Claira Summers Tue 27 Sep 2011, 1:41 pm

    Baie Geluk!! En ja dis waar. Myne verjaar volgende week en Vrydag.
    avatar
    Guest
    Guest


    In my seun is n man Empty Re: In my seun is n man

    Post by Guest Tue 27 Sep 2011, 1:51 pm

    mmm die libra mans in wording, formidabele wesens
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    In my seun is n man Empty Re: In my seun is n man

    Post by Claira Summers Tue 27 Sep 2011, 2:17 pm

    Daar moet ek saam stem. Myne word nou 17, en daar is min wat hom verstaan soos sy ma. Soms n moeilike karaktertjie maar oor die algemeen liefdevol en vol streke wat almal fasineer. My groot Hartseer gedig sal ek later vandag opsit, ons ander libratjie het ons verloor en dit is die grootste pyn wat n mens kan ervaar. Die wat ons wel by ons het en gesond en beautifull is, is ons goud in die volle sin van die woord.

    Sponsored content


    In my seun is n man Empty Re: In my seun is n man

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 21 Sep 2024, 7:44 am