FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Slaap saggies ons liefling

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    Slaap saggies ons liefling Empty Slaap saggies ons liefling

    Post by Claira Summers Tue 27 Sep 2011, 2:27 pm

    SLAAP SAGGIES ONS LIEFLING

    Ek wonder gereeld oor jou, ons klein bul
    Wie se ogies en handjies, blonde hare of krul
    Of jy met 'n glimlag ons nag sou kom sê
    En wat jy die graagste vir Kersfees wou hê
    Jou lyfie was tenger jou koppie so fyn
    Jy was diep in ons harte al was jy so klein
    Onskuldig en nog nie die lewe begroet
    Ek wens ek kon dit wat gebeur het verhoed
    Jou weggaan vir tot jy oud was afweer
    Pappa en ek het in hartseer verkeer
    Maar Jesus het jou so nodig gehad
    En daarom ons seuntjie, moes jy ons verlaat
    Jy het by die Vader jou tuiste gevind
    Rus saggies ons liefling, jy bly steeds ons kind
    Ons het al vir jare oor jou plekkie gerou
    maar nimmer het ons liefde vir jou verflou
    Nog steeds bly ons in die Here verbind
    Eendag nie vêr nie sal ons mekaar vind

    Slaap saggies ons liefling, jy is op jou plek
    Tot ons bymekaar kom onder Engele se vlerk


    (Vir Anrich ons baba bul)
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Slaap saggies ons liefling Empty Re: Slaap saggies ons liefling

    Post by Besoeker Tue 27 Sep 2011, 2:34 pm

    aai, Claira . Jy draai sommaar vroeg my traanklep oop - wonderlike , sterk liefdesverklaring
    aan jul engelbul
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    Slaap saggies ons liefling Empty Re: Slaap saggies ons liefling

    Post by Claira Summers Tue 27 Sep 2011, 2:39 pm

    Dankie Fafnir. Hy is verlore vir ons, maar ek is seker n aanwins vir die hier namaals.
    avatar
    Guest
    Guest


    Slaap saggies ons liefling Empty Re: Slaap saggies ons liefling

    Post by Guest Tue 27 Sep 2011, 3:19 pm

    nooit verlore altyd in jou hart,.. perfek soos dit hoort!!
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    Slaap saggies ons liefling Empty Re: Slaap saggies ons liefling

    Post by Claira Summers Tue 27 Sep 2011, 3:23 pm

    Kon dit nie beter gestel het nie. Ons het na hom n pragtige krulkop meisiekind gekry, maar selfs sy my dierbare klein woelwater van 4, kan nie sy plekkie vol maak nie, daar sal altyd sy stukkie hart wees.

    Sponsored content


    Slaap saggies ons liefling Empty Re: Slaap saggies ons liefling

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 21 Sep 2024, 7:51 am