Hy is die nommer een
fan van sy eie fan-klub
hy is nooit alleen
want hy skryf elke dag
getrou aan homself vele fan-letters
en maak pynlik-presies seker
elke brief sluit ñ getekende foto in
( o ja , en natuurlik sluit die brief
ñ gedagte vir die dag in
wat hy pynlik-presies
elke dag afwissel ) .
Hy is die nommer een
fan van sy eie fan-klub
hy is nooit alleen
maak elke dag pligsgetrou seker
dat hy elke fan-letter aan homself
in sy eie fancy-skrif
op olifantdrol-papier
beantwoord en pos
en roem dan daarop
dat hy groen dink en leef .
Hy is die nommer een
fan van sy eie fan-klub
hy is nooit alleen
skryf gereeld artikels oor
digvorms die digkuns
en digtegniek
wat hy getrou volg
om sy eie digkuns te verbeter .
Hy is die nommer een
fan van homself
en niemand kan daarteen stry .
( + Komkol
28/06/2011 09h55 )
fan van sy eie fan-klub
hy is nooit alleen
want hy skryf elke dag
getrou aan homself vele fan-letters
en maak pynlik-presies seker
elke brief sluit ñ getekende foto in
( o ja , en natuurlik sluit die brief
ñ gedagte vir die dag in
wat hy pynlik-presies
elke dag afwissel ) .
Hy is die nommer een
fan van sy eie fan-klub
hy is nooit alleen
maak elke dag pligsgetrou seker
dat hy elke fan-letter aan homself
in sy eie fancy-skrif
op olifantdrol-papier
beantwoord en pos
en roem dan daarop
dat hy groen dink en leef .
Hy is die nommer een
fan van sy eie fan-klub
hy is nooit alleen
skryf gereeld artikels oor
digvorms die digkuns
en digtegniek
wat hy getrou volg
om sy eie digkuns te verbeter .
Hy is die nommer een
fan van homself
en niemand kan daarteen stry .
( + Komkol
28/06/2011 09h55 )