wanneer kleur verbleik teen skemergordyne van nag,
vorm jy reënboog-koepels
in perlemoerglans skadu's van die maan,
kriewel oor rûens van my droom,
brabbel-spoortjies geëts teen oorhang kranse -
waar my versugtings in morsekode
geskrywe staan
suier-poot oor my rug
tot jy my skouer klee met goed deurdagte treë -
waar jy glasoog hang tussen foto's en beelde
wat woorde rig
tot stories of dig
gordelroos om my lyf;
bind so my wêreld en ideale
tot 'n droom-vervulde-realiteit -
jy breek die kettings van slawerny
en maak my vry.
© 2011 Almarie Truter
vorm jy reënboog-koepels
in perlemoerglans skadu's van die maan,
kriewel oor rûens van my droom,
brabbel-spoortjies geëts teen oorhang kranse -
waar my versugtings in morsekode
geskrywe staan
suier-poot oor my rug
tot jy my skouer klee met goed deurdagte treë -
waar jy glasoog hang tussen foto's en beelde
wat woorde rig
tot stories of dig
gordelroos om my lyf;
bind so my wêreld en ideale
tot 'n droom-vervulde-realiteit -
jy breek die kettings van slawerny
en maak my vry.
© 2011 Almarie Truter