FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Wax op my HooHaa !!

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Wax op my HooHaa !! Empty Wax op my HooHaa !!

    Post by AmmieMoon Mon 03 Oct 2011, 10:30 pm


    Ok, weens ''popular demand'' is ek gevra om my ervaring met "hot wax''
    met julle te kom deel. Dit net nadat ek nou weer die eerste keer in
    maande sonder nagmerries 'n nag kan deur slaap...dinges!...anyway

    Kyk, jul weet nou al teen die tyd dat ek 'n laat ontwakende is. Ek het
    my lewe lank my gat af gewerk en ge-professie, so by so dat ek nooit tyd
    gehad het vir fieterjasies en titteltjie nie. Maar toe ek die dag my
    ''beach-bum'' status kry, wou ek alles beproef en beleef....Roekeloos sê
    ek jou...bleddie roekeloos....anyway

    So skeer ek al jare al die skugter plekkies aan my lyf met mooi pienk
    ''lady-slim'' skeermessies soos dit 'n dame betaam (ma hoor jy, ek was
    'n DAME...giggel)....anyway..Besluit toe eendag bog met dit, die onkruid
    skiet vinniger op as wat ek daarvan ontslae kan raak en my vriendinne
    sê almal dat ''wax'' die in-ding is, skeer is vir oumense! Nou kyk, van
    baie dinge laat ek my sê, maar OUD, not de dinges!!! Ek wou eers die
    ''do it yourself home kit'' by die apteek gaan koop, maar besef dat my
    tegnologiese gestremdheid en onvermoë om Ingelse instruksies korrek te
    ontsyfer my dalk skade op sensitiewe plekkies van my lyf kan
    berokken...anyway

    Ek maak toe braaf 'n afspraak by die skoonheidsalon vir Jackey om my
    persoonlik onder haar tere handjies te neem vir 'n ''bikini-wax'' eerste
    ding Maandag-môre. Geëmansipeerd en bevryd loop ek daar in met 'n lied
    in my hart. Nuwe dag, nuwe ondervinding en op die koop toe 'n
    onkruidbeheerde bedding! Die lewe voel vir my reg en lekker!....anyway

    Na die chit-chat en 'n vinnige koppie tee, begin Jackey my ''voorberei''
    soos 'n lam ter slagting vir hierdie sessie...Ek moes onraad vermoed
    het toe ek soos 'n arme ''dik gemorfiende'' padda myself moes oopsprei,
    gereed om ''gedisekteer'' te word....Dinges, dink ek by myself, hier is
    sover nog niks vroulik of pikant te bespeur aan hierdie prosedure
    nie....anyway

    "n Heerlike soet reuk soos vars getapte heuning, vul die vertrek..''dis
    die hot wax'' deel Jackey my terloops mee. Nou kyk, op hierdie punt
    begin paniek ligweg in my lende roer. Julle girls weet mos, die area ter
    sprake hier, grens direk aan die hemelse poort van vrouwees of beter
    bekend as die hoohaa...giggel...anyway

    Ek lig my kop so effe om te loer of Jackey,'n vervulde, lewenstervrede
    trekking om haar pikante mondjie het, of daar enige bewing (of agressie
    for that matter) in haar hande te bespeur is....Dinges...ek waag my
    vreugdevolle orgasmes van die toekoms op die spel, as daar 'n ongewensde
    ''storting'' van kokende waks op my hoohaa sou beland!! Sy lyk egter
    heel ontspanne en relaxed (miskien bietjie te veel na my sin)...anyway

    Ek leun weer terug en dink skielik aan British Airways se vriendelike
    gulhartige lugwaardinne wat so rojaal drankies aandra op aanvraag
    (gratis, dis mos ingesluit in die pakket)....Ek kan wragtag doen met 'n
    konjak op ys op hierdie oomblik...Jy weet, net om die krampagtige
    vrees-spasmas in die lende te ontspan.....Wonder hoekom het geen salon
    nog oorweeg om keurige alkoholiese drankies te bedien tydens hul
    welriekende ''martelsessies'' aan hul kliënte nie?...dit voel vir my net
    so reg en so BLEDDIE NODIG!!...dinges...anyway

    Ek hoor vaagweg hoe Jakey sê ''Ok girl, jy sal nou so effe van 'n hitte
    gloed voel, maar dis regtig ''cool'', moenie worry nie"....sweet,
    angssweet speel albaster op my bolip en my buuste hyg onbeheers,
    hartkloppings in my keel en 'n suis geluid in my ore laat my balans
    verloor....giggel

    PHOKKET!!!!!!!...toe die warm waks my ''sy-vleuels'' tref, skop 'n
    onwillekeurige ''vlug-aksie'' op in my bene en ruk ek na links, voel ek
    hoe my snoesige ''pelsjassie'' skramsweg getref word, voor die silwer
    sterretjies voor my oë begin dans en ek sweer ek vir enkele sekondes my
    bewussyn verloor.....dinges!!!....anyway....kort op die hakke van
    hierdie skok, hoor ek 'n kners geluid wat klink soos die geskeur van die
    voorhangsel van die Ou Testamentiese tempel van
    ouds...sterretjies...weer warm waks...vuur...sterretjies...die
    voorhangsels se
    geskeur....sterretjies...hallusinasies...vuur..sterretjies....fok, na
    wat voel soos ure daal 'n stilte in die vertrek neer....lê ek
    hygend,swetende, swak en diep diep dankbaar dat die dood my nie kom haal
    het nie!! ... giggel ...
    anyway

    Toe hierdie witvrou daardie salon verlaat voel ek lus om reguit oor die
    straat aan te hou loop die branders en om 'n smeulende borrelbad te skep
    in die branders, met 'n 50 meter raduis rondom my, van die vuurgloed
    vasgevang in my beautiful glad gewaksde lende-area...donner ek was
    hittig en vlam-bedinges!!!!...giggel..anyway

    Nodeloos om te sê, ek het sporadiese verwronge erotiese drome snags
    gehad, direk spruitend uit hierdie eerste ondervinding van ''wax op my
    hoohaa''...giggel. Intussen het ek hondmak en sadisties pyn-verslaafd
    geraak aan hierdie prosedure. Jy weet mos, daardie ''sweet torment''
    gevoel wat ''lekker'' pyn op gekose areas op jou lyf kan
    veroorsaak!...giggel

    Sit ek nou en wonder, sal ek nie maar gaan vir daai full body massage
    ding nie.?....Ek hou erg baie van hierdie martelpyn ervarings en my lyf
    en lende sug diep dankbare en bevredigende suggies elke keer as ek die
    skoonheidsalon verlaat....It's a girl thing I'm sure...anyway..Wat dink
    julle, sal ek ? ....(smile)



    © 2010 Almarie Truter
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Wax op my HooHaa !! Empty Re: Wax op my HooHaa !!

    Post by SWERWER Tue 04 Oct 2011, 12:38 am

    As n man kan ek nie anders om onwillikeurig my kniee teen mekaar te druk en vooroor te buig en n diep oerroggel te gee nie. Nee o goeie genade hulle sal my met die eerste trek van daai lappie nie n enkele stukkie onkruid van my kan vervreem nie. My lyf sal soos n magneet klou en daai lappie volg. Die liewe Jackie sal wonder hoekom ek langs haar staan met n woordloose uitdrukking van abosulte gruwel op my gesig. Eina.... bliksem, wat besiel enige vrou om dit te doen. Daar moet beter maniere wees. Onkruiddoder, bossies trek, skeer, laser... chirurgie.

    Manne waardeer julle vroue vir wat hulle doen om........ mooi te lyk. Nee nou raak dinge n bietjie uit koers uit hier. As man gaan ek nou maar suitjies koebaai se en stil in my hoekie gaan sit terwyl ek nog steeds my hande geklem in my skoot hou. Weet nie of ek vir julle vrouens dankie hiervoor moet se nie. :-)

    SWERWER
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Wax op my HooHaa !! Empty Re: Wax op my HooHaa !!

    Post by anderkant Tue 04 Oct 2011, 5:29 pm

    Behalwe vir die "vermaak-gehalte" van die verhaal boesem dit respek in vir 'n vrou se durf en waagmoed. as iemand met 'n oog vir 'n geleentheid, wonder ek skielik of hierdie "diensteverskaffers" nie sal munt kan slaan uit die toevoeging van 'n "ladies-bar" nie - ek sal wil glo dat 'n paar drankies dalk die waagmoed sal aanspoor. Smile
    avatar
    Guest
    Guest


    Wax op my HooHaa !! Empty Re: Wax op my HooHaa !!

    Post by Guest Tue 04 Oct 2011, 8:58 pm

    daai drink klink na n plan

    Sponsored content


    Wax op my HooHaa !! Empty Re: Wax op my HooHaa !!

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 20 May 2024, 1:37 pm