FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Bewaar hierdie woorde *

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Bewaar hierdie woorde * Empty Bewaar hierdie woorde *

    Post by Rudi Coetzer Wed 05 Oct 2011, 12:31 pm

    Iewers tussen die skaam
    beautiful onskuld
    van die dogter wat jy is
    en die mooi jong tiener
    wat reeds in jou vasgevang is

    iewers tussen die sterre in jou oë
    wat soms so ondeund kan flits
    en soms so ongelooflik selfversekerd is

    iewers tussen die sag van jou amper tiener-lyf
    wat nog so na drukkies smag
    en jou pinkie waarom jou mamma gedraai is

    iewers net links van jou huppel-hart
    en net bo jou naelstring
    wat nog aan jou mamma verbind is

    iewers diep binne-in jou versigtig versteek
    lê daar ñ kosbare jongvrou-saadjie
    waarvan daar net een is
    geduldig en wag om te ontkiem
    wanneer die tyd ryp is .

    So bewaar hierdie woorde
    en dra dit naby aan jou hart :

    onthou dat jy SPESIAAL is
    en dat jy uniek jy is
    daar is net een van jou

    onthou om altyd NEDERIG te wees
    selfs in oomblikke wat jy
    die hef in die hand het en onoorwinlik voel

    onthou die woordjie RESPEK
    maak seker dat jy dit in elke vorm ken
    deel dit uit en sorg dat jy dit altyd kry

    wees altyd OPREG met innige bedoel
    want jy word geoordeel aan jou karakter
    en die inbors wat jy het

    kyk die lewe vierkantig in die oë
    en wees nooit skaam vir wie jy is
    want jou TROTS sal jou altyd deurdra .

    Onthou dat alles nie altyd maklik is
    onthou dat daar soms hartseer is
    dat daar soms trane is
    dat die lewe soms donker is
    dat daar soms mislukkings is

    onthou dat die dinge soms onverstaanbaar is
    maar die meeste van als
    othou dat die lewe
    nie altyd sin hoef te maak nie
    dat goed soms net gebeur
    dat daar nie ʼn doel met alles is nie .

    En as jy struikel
    en as jy val
    onthou om op te staan
    en aan te gaan

    want daar is altyd hoop
    want daar is altyd balans
    en daar is altyd ñ nuwe dag .


    ( * Cailynn , vir jou 11de verjaarsdag
    8 Mei 2011 .
    Van Oom Storieman
    05/08/2011 22h14 )





    Attachments
    Bewaar hierdie woorde * AttachmentOns prinsessie.JPG
    You don't have permission to download attachments.
    (280 Kb) Downloaded 1 times

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 4:49 am