skemer loop kaalvoet oor die water
en kom sit kruisbeen langs my op die
strand, rooi kreefdop in die hand, met
'n sad sad trek om die mond
en die son word oud agter 'n platgetrapte
horison en ek wens ek kon jou deur tyd
se glipgange sleep tot hier, hier neffens
my langs hierdie sad sad skemering
maar jy sou emmers vol van jou sterstof
saam moes bring want melancholie toiing
aan my geblomde linne rok en ek vlok
brok brok teen naderende nag
so asof ek mag, asof ek mag verlang na jou
hier waar 'n sad sad skemerte aan rokspante klou.
© 2011 Almarie Truter